Home In South Africa Animals of South Africa Verskille tussen ‘n Swart en Wit renoster
User Rating: / 4
PoorBest 
Animals in South Africa - Animals of South Africa

Daar is geen kleur verskil tussen hierdie twee renosters.  Die Hollanders het die Wit renoster die “Weid mond rhino” genoem, wat beteken “Wye-mond renoster”.  Die Engelse het gedink hulle sê “white”, vandaar die verkeerde uitleg van die naam.

Swart Renoster
(Diceros bicornis)
(Haakvormige-lip renoster)

Verskil

 Wit Renoster
(Ceratotherium simum)
(Vierkantige-lip renoster)

Klein-haakvormige bek om bome en struike te kan eet

Bek

Baie wye, plat bek wat help wanneer dit wei op groot hoeveelhede gras

Kleiner as wit renoster
Volgroeide bul weeg omtrent 1000 kg

Grootte

Groter as swart renoster
Volgroeide bul weeg omtrent 2500 kg

Wys boontoe, daar is dus geen nodigheid dat dit sy kop lig wanneer dit van bome eet

Natuurlike kop houding

Wys na onder, sy mond is dus altyd naby die grond waar dit wei

Gevind in digte plantegroei

Habitat

Gevind in baie oop vlaktes

Wyfie hardloop dikwels voor die kalf om die pad oop te maak

Posisie van kalf

Kalfie hardloop normaalweg voor die ma, met die ma wat dan van agter rigting aanwys deur die kalfie op sy boude te stamp met haar horing

Alleen-lopend en selde saam met ander individues

Gedrag

Sosiale diere en dit is nie ongewoon om 10 tot 15 Wit renosters saam te sien loop nie, somtyds selfs meer

Kort van draad en verskriklik agresief

Humeur

Makker as Swart renoster

Geen skof
Het somtyds drie horings

  Onderskeidings kenmerke

Kenmerkende skof bokant die skouers sowel as ‘n baie prominente vou van vel aan die onderkant van die skouers

 

    

Die woestyn-aangepaste Swart Renoster (Diceros bicornis bicornis) is 'n bedreigde dier. Lees meer.....

Last Updated (Friday, 15 May 2009 05:44)

 
Kidz Club
Frequently Asked Questions